Stede van As | Storacles of Prophecy | Amazing Facts (2024)

Die Heks van Endor

Previous

‘n Rivier van Lewe

Next

Lesson 10

Stede van As | Storacles of Prophecy | Amazing Facts (1)

Abraham het geweet dat sy kleinneef 'n groot fout begaan het toe Lot gekies het om sy familie in Sodom te vestig. Die stede van die Jordaanvallei was wel ruig en welig, maar ook baie korrup. "En die manne van Sodom was sleg en groot sondaars voor die HERE." Genesis 13:13. God het uiteindelik besluit om die sondige stede te verwoes as gevolg van hulle gruweldade, maar eers het Hy twee engele na Sodom toe gestuur om Lot en sy familie te red.

Alvorens hulle Sodom binnegaan, het die twee engele die voorkoms van twee manne op reis aangeneem. Lot merk toe die twee aantreklike vreemdelinge toe hulle die stadshekke binnetreë, en wetende dat die strate van die bose stad snags onveilig was, dring hy by hulle aan om by sy huis te oornag. Maar die bose mans het hulle dopgehou, en daardie aand het hulle voor Lot se deur versamel en geëis day hy sy gaste aan hulle oorhandig om deur hulle misbruik te word. Lot het tevergeefs probeer om te redeneer met die perverse gepeupel by sy deur. Hulle demonies obsessie het net vererger, gou het die gespuis Lot ook gedreig! Dit was op hierdie stadium wat die engele nie meer langer hulle ware identiteit kon verberg nie. Hulle het Lot na binne die huis geruk vir sy eie veiligheid en die verwoede skare met blindheid getref.

Vroeg die volgende oggend sê die engele aan Job en sy familie, "Vlug vir jou lewe! Moenie omkyk nie, ... . Vlug na die gebergte, dat jy nie omkom nie! " Genesis 19:17 "En die HERE het swawel en vuur oor Sodom en Gomorra laat reën van die HERE uit die hemel" Genesis 19:24. Net Lot en sy twee ongetroude dogters het behoue gebly, want Lot se vrou het met verlange na Sodom teruggekyk en was daarom in 'n soutpilaar verander. God se Woord vertel ons dat in hierdie laaste dae sal die wêreld omstandighede soortgelyk wees aan die van Sodom-en so ook die straf!

Stede van As | Storacles of Prophecy | Amazing Facts (2)

1. Watter twee stede dien as voorbeeld vir die vernietiging van die bose?

En deur die stede van ________ en Gomorra tot as te verander, het hulle met 'n omverwerping veroordeel en 'n voorbeeld gemaak vir die wat daarna goddeloos sou lewe

Let wel: God het die twee stede vernietig met die ewige vuur – dit is dieselfde soort vuur wat die goddelose in die hel sal vernietig.

Stede van As | Storacles of Prophecy | Amazing Facts (3)

2. Wanneer sal die goddelose vernietig word in die hel se vuur?

die woord wat Ek gespreek het, dit sal hom oordeel in die _________

2 Petrus 2:9 die Here weet om die godsaliges uit versoeking te verlos en die onregverdiges te bewaar vir die dag van oordeel om gestraf te word

Mattheus 13:40-42 so sal dit wees in die voleinding van hierdie wêreld: die Seun van die mens sal sy engele uitstuur, en hulle sal uit sy koninkryk bymekaarmaak al die struikelblokke en die wat die ongeregtigheid doen, en sal hulle in die vuuroond gooi. Daar sal geween wees en gekners van die tande.

Let wel: In die bogenoemde verse leer die Bybel duidelik dat die goddelose sal in die vuur gegooi word op die dag van die oordeel aan die einde van die wêreld - nie wanneer hulle sterf nie. Dit beteken natuurlik dat niemand nou in die hel is nie. Dit is net regverdig dat niemand gestraf moet word tot sy saak besluit is in die oordeel nie. Mense word beloon of gestraf by die wederkoms, en nie voor dit nie (Openbaring 22:12).

Stede van As | Storacles of Prophecy | Amazing Facts (4)

3. As die goddelose wat gesterf het nog nie in die hel is nie, waar is hulle?

Moenie jou hieroor verwonder nie, want daar kom 'n uur waarin almal wat in die _______ is, sy stem sal hoor, en sal uitgaan; die wat goed gedoen het, tot die opstanding van die lewe; en die wat kwaad gedoen het, tot die opstanding van die veroordeling

Job 21:30, 32 dat die kwaaddoeners gespaar word op die dag van ondergang… Dan word hy na die graf gebring, en hulle sorg vir sy grafheuwel.

Let wel: Die Bybel verseker ons dat die goddelose wat gesterf het in die graf gehou word tot die opstanding aan die einde van die wêreld. Hulle sal Jesus se stem hoor roep en sal opkom uit die graf, nie uit die hel nie.

Stede van As | Storacles of Prophecy | Amazing Facts (5)

4. Wat is die loon, of straf, van sonde?

Want die loon van die sonde is die ______; maar die gawe van God is die ewige lewe deur Jesus Christus, onse Here

Let wel: Die straf vir sonde is nie ewige lewe in die hel nie, maar presies die teenoorgestelde – dood! Ons almal ondervind die eerste dood (Hebreërs 9:27), maar die Bybel sê dat die dood wat die goddelose in die hel sal sterf is die tweede dood (Openbaring 21:8). Na die eerste dood sal almal opgewek word vir straf of beloning; maar daar is geen opstanding uit die tweede dood nie. Dit is finaal. As die straf vir sonde 'n ewige marteling in die hel se vuur is, dan het Jesus nie die straf betaal nie.

Stede van As | Storacles of Prophecy | Amazing Facts (6)

5. Wat is die enigste twee keuses vir alle mense?

Want so lief het God die wêreld gehad dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie ____ ____ ____ ____, maar die ewige lewe kan hê.

Let wel: Die konsepte van “limbo” en die vagevuur word nie in die Skrif gevind nie. Die Bybel leer ons net van twee keuses - die ewige lewe of die ewige dood (Deuteronomium 30:15).

Stede van As | Storacles of Prophecy | Amazing Facts (7)

6. Wat sal gebeur met die goddeloses in die hel se vuur?

Want nog 'n klein tydjie, en die goddelose sal daar nie wees nie; Maar die goddelose sal omkom, en die vyande van die HERE sal wees soos die vet van lammers; in rook ____ _____ ______

Maleagi 4:1, 3 Want kyk, die dag kom, en dit brand soos ‘n oond. Dan sal al die vermeteles en almal wat goddeloosheid bedrywe, ‘n stoppel wees; en die dag wat kom, sal hulle aan die brand steek, sê die HERE van die leërskare; sodat dit vir hulle geen wortel of tak sal oorlaat nie. En julle sal die goddelose vertrap, want hulle sal soos stof wees onder julle voetsole

Let wel: Die boses in die hel sal optrek in die rook. Slegs as sal oorbly.

Stede van As | Storacles of Prophecy | Amazing Facts (8)

7. Waar sal die hel wees?

En hulle het opgetrek oor die breedte van die ______ en die laer van die heiliges en die geliefde stad omsingel, en vuur het van God uit die hemel neergedaal en hulle verteer

2 Petrus 3:10 die elemente sal brand en vergaan, en die aarde en die werke wat daarop is, sal verbrand.

Let wel: Die hel sal hier op aarde wees, omdat dit die aarde sal wees wat aan die brand is.

Stede van As | Storacles of Prophecy | Amazing Facts (9)

8. Sal die duiwel in beheer wees van die hel?

En die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swawel ______ waar die dier en die valse profeet is, en sal dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid

Let wel: Nee! Hy is glad nie die hoof van die hel nie, maar die duiwel sal in die vuur gegooi word. Die duiwel sal "as gemaak op die aarde" wees en God sê van Satan dat hy “sal daar nie meer wees tot in ewigheid nie.” Esegiël 28:18, 19.

Stede van As | Storacles of Prophecy | Amazing Facts (10)

9. Sal die vuur van die hel ooit uitgaan?

Kyk, hulle sal soos stoppels word; die ______ sal hulle verbrand; hulle sal hulleself nie red uit die mag van die vlam nie;

Let wel: Na die sonde, sondaars, en alles op aarde vernietig is, sal die vuur uitgaan. Dit sal nie vir ewig brand nie. 'n Ewige marteling in hel sal dit onmoontlik maak om ooit ontslae te raak van sonde. God se plan is om die sonde te isoleer en te vernietig, nie lewend te hou nie.
Openbaring 21:5 sê: "Kyk, Ek maak alles nuut."

10. Word die siel sowel as die liggaam vernietig in die hel?

En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die ______ nie kan doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam in die hel kan verderwe.

Let wel: Baie mense glo dat die siel nooit sal sterf nie, maar God sê twee keer “die siel wat sondig, dié moet sterwe" Esegiël 18:4, 20. So volgens die Skrif sal die goddelose vernietig word in die hel se vuur – die siel sowel as die liggaam.

11. Vir wie word die hel voorberei?

Dan sal Hy ook vir hulle aan die linkerhand sê: Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die _______ en sy engele.

Let wel: Die doel van die vuur is om Satan, sy bose engele, en sonde te vernietig. As ek weier om weg te draai van die plaag van sonde, dan sal ek saam met dit vernietig word, want as die sonde nie vernietig word nie dan sal dit weer die heelal besoedel.

12. Hoe verwys die Bybel na God se vernietiging van die goddeloses?

Want die HERE sal opstaan ​​soos op die berg Perasim; Hy sal toornig word soos in die dal van Gíbeon, om sy werk, sy _______ werk, te doen; en bring sy daad, sy vreemde daad tot stand

Let wel: God kan nie die gedagte van die vernietiging van die wat Hy liefhet staan nie. Die Here “wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom." 2 Petrus 3:9. Voortdurend sê Hy vir hulle: " Bekeer julle, bekeer julle van jul verkeerde weë! Waarom tog wil julle sterwe" Esegiël 33:11. Die vernietiging van mense is so vreemd van God dat die hel Sy "vreemde daad" genoem word. God laat niks uit in Sy begeerte om mense te red nie. Voordat hulle vernietig sal word, sal elke slegte mens erken dat God regverdig is (Romeine 14:11).

13. Dui die Bybelse sinsnede "onuitbluslike vuur" nie daarop dat die vuur nooit sal uitgaan nie?

wie se waaier in sy hand is, en hy sal sy vloer heeltemal suiwer en sy koring in die skuur bymekaarmaak; maar hy sal die kaf met ____________ vuur verbrand

Let wel: Nee! ‘n Onuitbluslike vuur kan nie doodgaan nie. Maar wanneer dit alles op verbrand het, dan gaan dit uit. Byvoorbeeld, Jeremia 17:27 waarsku dat as God se mense nie getrou is nie, dan sal Hy 'n vuur aansteek in Jerusalem wat "nie uitgeblus sal word nie." En die Skrif verklaar dat hierdie profesie reeds vervul is. " En hulle het die huis van God verbrand en die muur van Jerusalem omgegooi en al die paleise daarvan met vuur verbrand... sodat die woord van die HERE deur die mond van Jeremía vervul sou word" 2 Kronieke 36:19, 21. Die vuur kon nie geblus word totdat dit alles vernietig het nie; en toe gaan dit uit. Dit is nie brandend vandag nie, selfs al het die Bybel dit ‘n "onbluslike" vuur genoem.

14. Die Bybel gebruik die uitdrukking "ewige vuur". Beteken dit "oneindig"?

Net soos Sodom en Gomorra en die stede rondom hulle op dieselfde manier, wat hulleself aan ho*rery oorgee en agter vreemde vlees aan geloop het, as voorbeeld gestel is, terwyl hulle die wraak van die __________ vuur ly.

Let wel: Ons moet toelaat dat die Bybel homself verduidelik. Ons kan in hierdie vers sien dat Sodom en Gomorra verwoes was met ‘n ewige vuur as 'n voorbeeld van die hel, maar hierdie stede brand nie meer nie. Hulle was verander in as (2 Petrus 2:6), en dit is wat die ewige vuur doen. Die gevolge van die vuur is ewig. (Sien aanvulling getiteld "Die Ryk man en Lasarus.")

15. Wanneer Openbaring 20:10 sê dat die bose vir “alle ewigheid” gepynig sal word, beteken dit dan nie eindelose tyd nie?

Ek het afgegaan na die bodem van die berge; die aarde met sy grendels was om my vir _____; tog het U my lewe van verganklikheid laat opstaan, HERE my God

Let wel: Nee. Jona was in die maag van die groot vis vir drie dae en drie nagte (Jona 1:17), maar hy het gesê: "vir altyd". Dit het seker soos ‘n ewigheid gevoel! Die Griekse woord vir "alle ewigheid" in Openbaring 20:10 is "aion," waaruit ons die woord "eon" kry. Dit verteenwoordig dikwels 'n ongespesifiseerde tydperk, beperk of onbeperk. Die woorde "vir ewig" word talle kere gebruik in die Bybel en verwys na iets wat reeds geëindig het. Byvoorbeeld, "vir altyd" beskryf die dienstydperk van 'n getroue slaaf (Exodus 21:6). Vir die mens beteken "vir altyd" dikwels " al die dae wat hy leef " (1 Samuel 1:22, 28).

16. Na die sonde en sondaars vernietig is, wat sal Jesus doen vir Sy volk?

Maar ons verwag volgens sy belofte nuwe hemele en ‘n nuwe _________ waarin geregtigheid woon.

Openbaring 21:4 En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan.

Let wel: Op die as van hierdie gesuiwerde wêreld sal God nuwe hemele en 'n nuwe aarde skep. Hy belowe blydskap, vrede, en onbeskryflike geluk vir alle lewende wesens tot in alle ewigheid.

17. Sal die probleem van sonde ooit weer opkom?

Wat dink julle teen die HERE? hy sal 'n einde maak; verdrukking sal nie vir die _________ keer opkom nie

Let wel: Nee! Die belofte is duidelik. Sonde sal nie weer opkom nie.

Jesaja 65:17 Want kyk, Ek skep nuwe hemele en ‘n nuwe aarde, en aan die vorige dinge sal nie gedink word en hulle sal in die hart nie opkom nie.

18. Watter belangrike vraag vra Job?

Sal die sterflike mens __________ wees as God?

Let wel: As jou seun 'n moordenaar geword het, sou jy voel dat hy gestraf moet word? Jy sou waarskynlik. Maar sou jy wil hê dat hy moet lewendig brand in ‘n vuur met verskriklike pyn vir selfs net ‘n dag?

Natuurlik nie! Jy sal dit nie kan verdra nie. Die liefdevolle Here voel dieselfde om Sy kinders so te martel. Dit sou erger as die heel ergste van alles oorlog gruweldade wees. Is God soos dit? Nee, glad nie! 'n Ewige helse marteling sou ondraaglik wees vir God en lynreg teen Sy karakter van liefde en geregtigheid.

Aanvulling

Lasarus en die Ryk Man

Vele het al na die gelykenis van Lasarus en die ryk man verwys as bewyse dat mense onmiddelik hemel of hel toe gaan na hulle sterf. Dit was egter nooit Jesus se bedoeling met hierdie gelykenis nie. Die woord wat Jesus gebruik het vir "hel" was "Hades," 'n plek van pyniging in Griekse mitologie. Al die Jode wat Jesus sou aangehoor het, sou verstaan het dat Jesus 'n welbekende mite as illustrasie benut het. Indien ons Lukas 16:19-31 van nader beskou, sou ons spoedig vasstel dat die gelykenis ryk aan simboliek is, en geensins letterlik geïnterpreteer moet word nie.

Byvoorbeeld, word al die gereddes in Abraham se boesem versamel? Nee.
Sal die mense in die hemel kan gesels met die in die hel? Nee.
Sou 'n waterdruppel die tong kon laaf van 'n persoon wat in die hel brand? Nee.
Besluit Abraham dan wie gered en wie verlore is? Nee.

Net so ook kan hierdie gelykenis dus nie letterlik geïnterpreteer word om te leer dat, mense wat sterf voor die oordeelsdag aan die einde van tyd, onmiddelik by sterwe hemel of hel toe gaan nie. Johannes 12:48 verklaar, "... die woord wat Ek gespreek het, dit sal hom oordeel in die laaste dag."

So wat is die korrekte interpretasie van hierdie gelykenis dan? Die ryk man was 'n simbool van die Joodse volk, ryk en versadig aan die Skrif; terwyl die arme bedelaar die heidene wat hunker na die sielevoeding van die Skrif voorstel. Jesus sluit die gelykenis af met die waarneming dat "... As hulle na Moses en die Profete nie luister nie, sal hulle nie oortuig word nie, al sou iemand ook uit die dode opstaan." Lukas 16:31. Inderdaad, Jesus het later 'n man genaamd Lasarus uit die dode opgewek, en steeds het meeste van die Joodse leiers geweier om te glo (Johannes 12:9-11).

This book is also available in the following languages:

مدن الرماد (Arabic)

Cities of Ash (English)

Villes de cendres (French)

Eingeäscherte Städte (German)

灰の町 (Japanese)

Пеплосани градови (Macedonian)

Byene i asken (Norwegian)

A Purificação do Santuário (Portuguese)

Cetăţile din cenuşă (Romanian)

Gradovi od Pepela (Serbian)

Ciudades de Ceniza (Spanish)

Städer i aska (Swedish)


Stede van As | Storacles of Prophecy | Amazing Facts (2024)
Top Articles
Latest Posts
Article information

Author: Van Hayes

Last Updated:

Views: 5237

Rating: 4.6 / 5 (46 voted)

Reviews: 85% of readers found this page helpful

Author information

Name: Van Hayes

Birthday: 1994-06-07

Address: 2004 Kling Rapid, New Destiny, MT 64658-2367

Phone: +512425013758

Job: National Farming Director

Hobby: Reading, Polo, Genealogy, amateur radio, Scouting, Stand-up comedy, Cryptography

Introduction: My name is Van Hayes, I am a thankful, friendly, smiling, calm, powerful, fine, enthusiastic person who loves writing and wants to share my knowledge and understanding with you.